Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plaaslike boer belig drome op TV

Dit is nie aldag dat ’n beesboer en VKB-man ook as televisieaanbieder naam maak nie.

Piet Potgieter, VKB se bestuurder vir ontwikkelende landbou, doen dit egter moeiteloos in Vir die liefde van die land.

Dié Betlehemiet is saam met Ivor Price die mede-aanbieder van dié reeks, wat die land se nuwe geslag boere en hul mentors uit kommersiële landbou belig.

Die grootste deel van die program is by boere in die Oos-Vrystaat verfilm.

“Om ontwikkelingswerk in Suid-Afrikaanse landbou te doen is soos om te werk vir die welsyn, waar jy baie insit, maar jy sien nie maklik sukses nie,” sê Potgieter.

“Maar vir my is dit genoeg om te weet dat ek die regte ding doen deur boere te help wat dit nie altyd maklik in ons land gehad het nie.”

Potgieter se vrou, Esté, is ’n onderwyseres aan die Hoërskool Retief in Kestell. Hul kinders is Evert (26), Dawid (23) en Anneke (20).

Evert werk by Old Mutual in Bloemfontein en studeer deeltyds aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se besigheidskool.

Dawid werk aan sy honneursgraad en Anneke studeer fisiologie en sielkunde.

“Hoewel die TV-kameras tot dusver vir Piet uit ’n vreemde wêreld was, was dit ’n groot voorreg om saam met hom te werk,” sê Price.

“As deel van die VKB-familie het Piet ’n ongelooflike begrip vir boere se uitdagings en drome.

“Ons het soveel pret en aha-oomblikke op die stel gehad, en Piet het diep in my hart gekruip.”

Vir die liefde van die land op VIA, DStv-kanaal 147, word beskryf as “eg en grensverskuiwend – ’n eerste vir plaaslike televisie”.

Die program wys Donderdae om 18:00, met herhalings op Saterdae om 10:30, Sondae om 20:00 en Maandae om 08:00.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.