Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plaaslike boere onder finaliste

Drie Oos-Vrystaters is finaliste in Vrystaat Landbou (VL) se 25ste Jongboer van die jaar-kompetisie.

Beoordelaars het van 24 tot 27 Februarie die kandidate op hul plaas besoek.

Annalea van Niekerk is die enigste vrou onder die finaliste.

Sy boer by Reitz met Sussex-beeste.

Van Niekerk glo boere moet in Suid-Afrika bly en nie oorsee gaan werk nie.

Die ander twee Oos-Vrystaters is Doug Osler van Fouriesburg, wat hoofsaaklik met appels boer, en Nant Yzel, wat naby Marquard ’n gemengde boerdery het.

Jimmy Roberts van die Hoopstad-distrik en Louis de Jager van die gebied tussen Wepener en Dewetsdorp is die ander twee finaliste.

Vanweë sy verantwoordelikheid teenoor sy personeel, bestuur, lede en werknemers het VL se dagbestuur op 16 Maart besluit om alle byeenkomste wat vir die volgende 30 dae beplan is, uit te stel.

Sedertdien het pres. Cyril Ramaphosa ’n inperking van 21 dae ingestel.

VL se streekvergadering wat in Ladybrand sou plaasvind, asook die Jongboer-konferensie en geselligheid wat Dinsdag (o7/04) sou plaasvind, is uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.