Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plakkers en veters help

Internasionale Tekkie Tax-dag is om die draai.

Vrydag 31 Mei is die dag waarop jy meer as 300 plaaslike welsynsorganisasies, wat in 2019 by die projek baatvind, kan ondersteun deur jou Tekkie Tax-plakker en skoenveters met trots te dra.

Dit is so maklik soos A B C D E om in een van die vyf afdelings deel te neem: A vir allerhande diere, B vir bring hoop, C vir “cool” kinders, D vir dienslewering aan mense met gestremdhede, en E vir essensiële onderwys.

Koop ’n plakker van jou keuse en ondersteun die saak wat na aan jou hart lê.

Daarmee saam kan jy ook ’n paar “Mezzz-merizing” Tekkie Tax-silikon-skoenveters (“hickies”) kry.

Dit is by enige ToysRUs of BabiesRUs oor die land heen beskikbaar.

Aanlynbestellings kan by Takealot en www.tekkietax.org gedoen word.

Die maklikste is om dit by jou naaste deelnemende welsyns­organisasie te kry.

Bethlehem Kinder- en Gesinsorg verkoop die plakkers en veters by die Dihlabeng Mall op 15 en 16 Mei en weer op 29 en 30 Mei.

Bestellings kan ook by Karin of Hester gedoen word. Skakel 058-303-4701 om dit by jou voordeur te laat aflaai.

Die plakkers en veters kos gesamentlik R40.

Tekkie Tax se leuse vir 2019 is: “Be Mezzz-merized, get Tekkie-tized.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.