Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisie bal vuis

Die polisie in die Vrystaat het in een jaar 12 sake van reeks­verkragting ondersoek en in hierdie tyd is die skuldiges gesamentlik 76 lewenslange vonnisse opgelê.

Genl. maj. Solly Lesia, waarnemende provinsiale polisiehoof, het Maandag (08/04) dié aankondiging op ’n media­konferensie in die polisie se provin­siale hoofkantoor in die Bloemfonteinse middestad gedoen.

Volgens Lesia het die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksoortredings (GKS) in die afgelope jaar 12 reeks­verkragters suksesvol vervolg.

Die verkragters is gesamentlik 76 lewenslange vonnisse en 1 409 jaar opgelê.

“Ons is vol vertroue dat ons die misdaad wat vroue en kinders raak, ’n groot slag toegedien het. Dié misdaad raak alle ouderdomsgroepe, van kinders en jong meisies tot jong vroue en senior burgers, wat ons ma’s en oumas is,” het Lesia gesê.

Volgens kapt. Zweli Mohobeleli, ’n polisiewoordvoerder, is twee reeks­verkragters die afgelope 12 maande in die Bethlehem-polisiëringsgebied gevonnis.

“Altesaam is daar sewe lewenslange vonnisse in die gebied opgelê. ’n Verdere 165 jaar is in verskeie howe in Reitz, Bethlehem, Petrus Steyn, Lindley en Clarens aan verskeie oortreders opgelê.”

Sers. Mmako Mophiring het gesê daar was twee reeksverkragters in Qwaqwa wat die afgelope 12 maande lewens­lange tronkstraf opgelê is.

Lesia het ook gesê daar was in die afgelope kwartaal 12 betogings in die provinsie, waarvan nie almal vreedsaam was nie. Die betogings het in Sasolburg, Zam­dela, Botshabelo, Tumahole, Thaba Nchu, Marquard, Koffiefontein en Parys voorgekom.

In dié voorvalle is 97 mense vir openbare geweld, opsetlike saak­beskadiging, minagting van die hof en ander oortredings aangekeer.

Lesia het ook die polisie se gereedheid vir die opkomende nasionale verkiesing beklemtoon.

Volgens hom sal “99%” van die provinsie se polisiebeamptes en ’n verdere 329 reserviste van al 110 polisiekantore op stemdag ontplooi word om te verseker dat alles by die 1 529 stem­­lokale seepglad verloop.

“Ons magte is gereed en sal hul veldtogte verskerp om misdadigers vas te vat. Ons vra die publiek ook om hul demokratiese reg op ’n verantwoordelike en ordelike wyse uit te oefen.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.