Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Polisie’ beroof plaaswerkers

Vier mans wat hulle as polisielede voorgedoen het, het drie plaaswerkers op die plaas Koffiefontein naby Rosendal aangeval.

Volgens brig. Sam Makhele, polisiewoordvoerder, het die mans vals polisie-identiteitskaarte by hulle gehad.

Die mans het op Maandag 13 Januarie omstreeks 22:00 op die plaas aangekom.

Hulle het aan die plaaswerkers gesê hulle is van die polisie en het verneem dat daar dagga in ’n pakkamer geberg word.

Die mans het die vroulike werker aangesê om by die kinders in die huis te bly.

Die aanvallers het ’n vuurwapen op die mans gerig en hul selfone afgeneem. Die mans is met ’n gordel, skoenveters en T-hemp vasgebind.

Die aanvallers het die plaasopstal se sleutel gevat en die pakkamer op die werf oopgesluit.

Hulle het ’n sweismasjien, elektriese boor, elektriese verlengingskoorde, ’n tweerigtingradio, beesvoer en sleutels met ’n afstandbeheertoestel gebuit.

Die aanvallers het met ’n voertuig gevlug.

Die slagoffers se werkgewer was nie ten tyde van die voorval op die plaas nie.

Die werkers het die Dinsdagoggend hulp ontbied.

Die polisie versoek dat enigeen wat inligting oor die voorval kan verskaf sers. Neo Dlamini by 064-156-8006 kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.