Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Praktyk sien om na jou oë

Jou oë. Verliefdes het sterre daarin. As jy iets interessant vind, verkyk jy jou – en as iemand uit die oog is, is hy ook uit jou hart.

Jou oë laat jou sien en help ander om jóú te sien.

Goeie visie is ’n kosbare geskenk wat jy moet beskerm.

Hetsy jy ’n oogtoets moet laat doen, ’n nuwe bril moet kry of ’n meer ernstige probleem het, is Findt-oogkundiges in Mullerstraat, Bethlehem, die ooglopende keuse.

Hier word alles wat met daaglikse oogsorg te doen het, insluitend oogtoetsing, brille, kontaklense en sonbrille, gebied. ’n Keuse van rame word ook gebied en dit word herstel en verstel.

Vir Jason Findt, die oogkundige, is jóú oogsorg die voorkeursaak.

Findt het sy graad in optometrie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf. Hy het vier jaar ervaring met sy eie onder­neming, Execuspecs, in Bloemfontein opgedoen.

Nie net goeie visie is belangrik nie, ’n goeie voorkoms is ook.

Dié onderneming kan jou help om die regte besluit te maak – hetsy jy met wêreld­bekende handelsmerke ’n indruk wil maak of jou oë wil beskerm met sonbrille wat ’n hoë weerstand teen ultravioletstrale bied.

Findt-oogkundiges bied ’n groot verskeidenheid rame om vir die mees konserwatiewe tot die mees eksentrieke pasiënt voorsiening te maak. Dit sluit bekostigbare tot duurder handelsname soos Levi’s, Mango, Tom Tailor, Vogue, Ray-Ban, Oakley en Adidas in.

Dié oogkundige sal na jou oë se behoeftes omsien.

Findt-oogkundiges glo in etiese, professionele en gehalte-oogsorg en vriendelike diens en hoop om ’n lang kliënte-verhouding op te bou. Die praktyk onderneem om bekostigbare oogsorg van hoogstaande gehalte te lewer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.