Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Produkreeks vergroot met ’n kwart

Met omvattende uitbreidings aan sy produkreeks sal VKB Bethlehem binnekort die eenstopwinkel vir boere, jagters, buitelewe en kampeer-entoesiaste, troeteldier-liefhebbers, ywerige tuiniers en die publiek wees.

VKB Bethlehem knap sy geriewe op sodat dit die vlagskipmodel vir die VKB-groep sal wees.

Na verwagting sal dié opknappings teen 1 April voltooi wees.

VKB bedank al sy kliënte vir hul geduld en lojale onder­steuning in dié tydperk.

VKB sien daarna uit om al sy kliënte in die nuwe gerief te verwelkom en hulle van diens te wees.

Dié onderneming se oogmerk is om sy kliënte met uit­stekende kliëntediens, kundigheid en mededingende pryse te verras.

Met sy produkreeks wat met 25% vergroot, beoog VKB om in alle behoeftes van landbou­produsente, staalkontrakteurs, boukontrakteurs, kabinet-installeerders en algemene nuts­manne te voorsien.

By VKB Bethlehem se uitgebreide houtstoor kan kliënte ’n wye verskeidenheid produkte teen bekostigbare pryse aankoop.

Dié onderneming se opgeknapte houtstoortoerusting stel VKB in staat om kabinethout in onder meer kombuis- en slaapkamer­kaste, asook kantoor­meubels, te verwerk, en só vir enige kontrakteur of doen-dit-self-kliënt ’n selfhelp-pak saam te stel.

Die vooraf-vervaardiging van standaardgrootte kabinette en die raamwerk van kaste (karkas), gereed om aangebring te word deur ’n kontrakteur of kliënt, stel VKB in staat om ’n selfde-dag-diens te bied.

Kliënte sal hul produkte reeds 24 uur ná bestelling kan ontvang.

Die geleentheid om vooraf-vervaardigde kaste in ’n doen-dit-self-pak aan ander VKB-handelstakke te verskaf, bied aan die VKB-groep ’n geleentheid in die platteland om in meer van sy kliënte se behoeftes te voorsien waar daar nie noodwendig soort­gelyke verskaffers is nie.

Dié onderneming beoog om ’n markleier in die sny en afwerking van hout te wees. Hierdeur kan VKB ’n eenstopdiens vir kontrakteurs, en enigeen wat kabinethout gebruik om verbeterings aan te bring, lewer.

Vir meer inligting, bel Toppie Jonker, bestuurder van VKB Bethlehem, by 058-303-1086.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.