Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Projek enduit gevoer

Die burgerregteorganisasie AfriForum se #AnkerdorpPadskou-veldtog wat in November in Bethlehem bedryf is, is ná drie weke se aktiewe betrokkenheid afgesluit.

Die Bethlehem-tak het ingespring om veiligheid by die Sonskyn-dienssentrum te verbeter en instand­houdingswerk te doen.

Volgens Carina Bester, die mediaskakelbeampte, het die tak vir die bejaardes se veiligheid hand­relings in die badkamers van verskeie wonings op die perseel aangebring, terwyl 18 stortkoppe ook vervang is.

“Die tak het verder ’n goedvoel-optrede vir die inwoners van die Eike- en Sonskyn-dienssentrum gehou waartydens boereworsrolle aan inwoners uitgedeel is,” sê Bester.

Die tak het ook as deel van die veldtog 12 bome aan die Maluti-Hooglandskool geskenk en die ingang van die Charlotte Theron-kinderhuis opgeknap. Die gras van die parkie naby die Laerskool Truida Kestell is gesny en vullis is hier opgetel.

Bester sê die tak het ’n instand­houdingsprojek by die Bethlehem-museum aangepak om die vensterrame van die museum en waenhuis af te skuur en te behandel. Die Bethlehem-tak het ook ’n skenking aan die museum gedoen.

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, het tydens die Quo Vadis-gesprek met Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, en Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid, by die museum oor veiligheid gesels.

“Ons wil graag die gemeenskap bedank vir al hul ondersteuning en hulp tydens hierdie veldtog,” sê JP Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

“Die tak sal voortgaan om volhoubare projekte in die dorp aan te pak en die omgewing te verbeter. Ons wil graag ’n blywende verskil in die gemeenskap maak.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.