Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Projek werp lig op geskiedenis

Die Rapportryerskorps van Bethlehem het as deel van ’n geskiedenisprojek die ossewa-tafereel van klip oorgeverf.

Twee uitstaande gebeurtenisse van 1938 was die besoek van die Piet Retief- en Vrou-en-Moeder-wa van die Simboliese Ossewatrek se besoek aan Bethlehem op 5 November 1938, en daarna die besoek van die goewerneur-generaal sir Patrick Duncan en dié se vrou, Lady Duncan.

Die Simboliese Ossewatrek het op 8 Augustus 1938 by die standbeeld van Jan van Riebeeck aan Tafelbaai begin, en op 16 Desember 1938 by die Eufeeslaers van Bloedrivier, Pretoria en Kaapstad geëindig.

H.J. Klopper, latere speaker van die eerste Republikeinse Volksraad van Suid-Afrika, was die hoofleier van die Simboliese Ossewatrekke. Die Trek het ook saamgeval met die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1938.

’n Stoet wat onder meer uit 4 000 kinders en ’n perdekommando van 1 000 ruiters bestaan het, het die waens tot in die dorp begelei.

Die laaste Vrystaatse vlag wat tydens die Anglo-Boereoorlog by Fouriesburg gewapper het, is by die feesterrein gehys en duisende feesgangers het die Vrystaatse Volkslied gesing.

Die burgermeester, dr. C.P. Theron, het die verwelkomingswoord gespreek. Ds. Ackerman het tydens die feesverrigtinge aangekondig dat Fonteinstraat tot Eufeesstraat herdoop sal word, en die koppie waar die Trek verwelkom is, die Klopperkoppie.

Dit is teen dié koppie waarteen die kliptafereel van ’n ossewa gepak is.

Die Hoërskool Bethlehem is verder tot die Hoërskool Voortrekker herdoop, en die sportterrein langs die skool tot die Dirkie Uys-sportterrein.

Die Bybel wat aan die Voortrekker Christiaan van der Merwe behoort het, is aan die Trekleiers oorhandig.

Die moderator, ds. J.P. van der Spuy, het die hoofrede gehou. Redes is ook deur R.A.T. van der Merwe, lid van die volksraad, en H.J. Klopper gehou. Al drie sprekers het die Afrikaner se tradisionele godsdienssin as tema gebruik.

Die Sondagoggend vroeg is kranse op die grafte geplaas van burgers wat in die Basoeto-oorlog geval het.

’n Kerkdiens is gehou, waartydens 35 kinders gedoop is. Een seun is Voortrekker genoem.

Altesaam 110 lidmate is voorgestel.

Die afsluitingsdiens is deur ds. W.A. Roux waargeneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.