Die Northern Free State Caregivers (NFSCG) in Kroonstad is van skenkings en geldinsamelings afhanklik om die organisasie suksesvol te bestuur.
Daar is tans twee geldinsamelingsprojekte ten bate van die NFSCG wat die gemeenskap kan ondersteun.
Die Primitive Pump-gimnasium in Kroonstad sal op Saterdag 13 Maart ’n uitdaging met aërobiese oefeninge aanbied wat twee uur sal duur. Alle belangstellendes, ongeag hul ouderdom, word genooi om deel te neem. Die inskryfgeld is R50.
Heerlike en snaakse pryse is op die spel.
Die geleentheid sal van 10:00 tot 13:00 by Primitive Pump in Presidentstraat gehou word.
Nog ’n manier waarop die gemeenskap tot die bedrywighede van die organisasie kan bydra, is om ’n R20-kaartjie by Wollie van Schalkwyk van die NFSCG te koop om in aanmerking te kom om ’n handsak van egte leer te wen.
Alle geld wat die NFSCG ontvang, word vir die tuisversorging van kankerpasiënte aangewend.
Kontantskenkings van R1 000 en meer sal ’n Artikel 18A-kwitansie ontvang vir ’n aftrekking van persoonlike belasting.
Belangstellendes kan Van Schalkwyk by 076-044-1686 bel vir meer inligting oor die twee projekte.