Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Puik dienste uitgevoer op geoliede wiele

By Leeukop Lubricants in Bethlehem geniet vaardige, vinnige en vriendelike, kliëntediens voorkeur.

Die personeel beskik oor die kundigheid om waarde tot enige onderneming of boerdery te voeg.

Niel en Jacolien Ungerer is sedert 1 Maart 2018 die nuwe eienaars van dié onderneming wat ’n een-stop vir alle smeermiddels vir voertuie, en ook gasbenodigdhede, bied.

By Pretoriusstraat 28 spog Leeukop Lubricants met ’n stoorkamer vol voorraad om aan elke kliënt se behoefte te voorsien.

Leeukop Lubricants verskaf onder meer Shell-smeermiddels, Engman-teenvriesmiddels en remvloeistof teen markverwante pryse aan die publiek en groothandelaars.

“Dit is ’n groot eer om met Shell verbind te word. Dit is een van die bekendste handelsname in die land,” sê Jacolien.

Shell is die nommer-een wêreldwye verskaffer van smeermiddels. Hulle verskaf produkte aan verbruikers in meer as 100 lande. Dié produkte beskik oor wêreldklas tegnologiese insigte, wat die beste vir voertuie bied.

Met die regte Shell-produk kan die verbruiker heelwat geld spaar deur die doeltreffendheid van toerusting te verhoog, ’n voertuig se lewe te verleng en nie-werktyd te verminder.

Boonop kan kliënte ook Easigas se gasbottels hier kry, en ook Totai se gasprodukte, stowe en verwarmers.

Geen kliënt hoef te sukkel om swaar gasbottels te dra nie. Leeukop Lubricants ruil gasbottels by huise om wanneer groot gasbestellings geplaas word.

Totai het die afgelope 60 jaar ’n benydenswaardige reputasie as gastoerusting en -toestelonderneming gebou.

Totai beloof om waarde vir geld met gehalte-produkte en goeie naverkoopdiens te bied.

Die kundige personeel van Leeukop Lubricants beskik oor ’n lys van goedgekeurde installeerders om te help om ’n nuwe gasproduk te installeer.

As deel van die Nu-Pro-groep het die onderneming ’n goeie verbintenis met VKB en voorsien ook VKB-takke met Shell-produkte.

“Dit maak ons hande sterk,” sê Jacolien.

Nu-Pro se kernwaardes is om met integriteit en respek teenoor kliënte, verskaffers en mekaar op te tree.

  • Twee verteenwoordigers van Leeukop Lubricants is gereed om kliënte met ’n glimlag te bedien.

Bel Schoeman Swart by 078-120-7777 of Erik Strauss by 072-527-7996.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.