Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rapport nie alfa en omega

Die laaste eksamen van die jaar is agter die rug en dit beteken dit is tyd vir die gevreesde skoolrapport.

Spanning oor dié gewraakte dokument is algemeen en ouers, asook kinders, sit op hete kole en wag op die koms daarvan.

Die doel van die rapport is om jou ’n blik op jou kind se vordering te gee. Dit is nie bloot persentasies op ’n stuk papier nie. Dit is ’n venster na jou kind se leerwêreld.

Maar onthou, jou kind is meer as ’n rapport. Dit is belangrik om te onthou dat kinders verskillende talente het en nie alle kinders is akademiese sterre nie. Elke kind het haar eie sterk en swak punte.

Akademiese prestasie is nie die geheelbeeld van jou kind nie. Wees dus belangstellend, ondersteunend en betrokke en moenie vergeet om vir die “hele” kind lief te wees nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.