Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rapportryers vier vroue se waarde

Lede van die Rapportryerskorps van Bethlehem het op Vrouedag aangesit vir ’n romantiese ontbyt saam met hul wederhelfte by die Park-hotel om dié dag te vier.

Hennie Venter het as gasheer opgetree en die vroue herinner aan hoe kosbaar hulle is.

Ds. Dawie Kriel het die program vir die geselligheid met Skriflesing uit verskeie Bybelverse en gebed geopen.

Ben Jacobs, korpsvoorsitter, het die beskrywing van die vrou waarvan daar in Spreuke 31 vertel word, as aanvang gebruik vir sy eerbetoning aan die vroue.

Wanneer ’n vrou die Here dien en haar kinders opvoed om die regte weë te volg, dan verdien sy om geprys te word, was Jacobs se boodskap aan die gaste.

Die mans is daarna aangemoedig om hul waardering vir hul vrou op ’n tasbare wyse te betoon deur ’n rooi roos en sjokolade aan elkeen te oorhandig, tesame met ’n uitdruk van die Skrifgedeelte van Spreuke 31.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.