Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rapportryers gee hulpfonds ’n hupstoot

Die Bethlehem-Rapportryerskorps het geldinsamelingsprojekte aangebied om tot die Voortrekkermonument in Pretoria se hulpfonds by te dra.

Omdat mense sedert die aanvang van die Covid-19-inperking nie die Voortrekkermonument kon besoek nie, het die instansie in groot finansiële verknorsing beland.

Die Voortrekkermonument is afhanklik van besoekers om daaglikse onderhoudskoste te dek.

Soos ander kultuurorganisasies het die Rapportryersbeweging planne beraam om die hulpfonds ’n? hupstoot te gee. So is daar besluit om verskeie artikels te vervaardig en verkoop om geld in te samel.

Danie Eichstädt het miniatuur-velskoentjies vervaardig, terwyl ds. Dawie Kriel Rummikub-stelle en botteloopmakers verkoop het. Ander artikels soos braairoosters en ’n laaigrafie vir kleuters was ook te koop aangebied.

Die verkope het ’n? bedrag van R4 220 gehaal. Dit is aan die Voortrekkermonument se hulpfonds oorbetaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.