Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Redding is vir enigeen

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. – Johannes 3:16

In Engeland was daar twee broers. Die een was “goed” en die ander “sleg”.

Almal het geweet dat die verskil tussen hulle in hul geloof in Jesus Christus gelê het.

Een middag is die “goeie” broer op pad na een van sy veelvuldige kerklike verpligtinge.

Op dieselfde oomblik kom die “slegte” broer by die tuinhek in en slinger die paadjie op huis toe.

Toe hulle bymekaarkom, vra hy sleeptong: “Glo jy wat in daardie Bybel staan?”

“Ja,” antwoord die goeie broer. “Ek glo elke woord.”

“Glo jy dit as die Bybel sê ook die slegstes kan gered word?”

“Ja, Jesus is magtig om enigeen te red.”

“My liewe broer,” sê die besope broer met pyn in sy oë, “Ek en jy leef nou reeds 22 jaar onder dieselfde dak. As ek sulke goeie nuus gehad het, sou ek op my knieë oor stukkende bottels oor die breedte van Engeland gekruip het net om dit vir jou te gaan sê. En jy, jy het dit nog nooit vir my gesê nie!”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.