Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rolbalbane reg vir aksie

’n Rolstoel keer nie die voorsitter van die Kroonstad-rolbalklub en sy span van drie om die klub se rolbalbane in stand te hou nie.

Die afgelope maand het Hannes Horn, Isak Koloko, Daniel Rasillo en Oupa Monatiso die bane weer reggeruk nadat dit gedurende die inperking in onbruik verval het.

Baan A en B is reeds voltooi, en opknappingswerk aan baan C word nou afgehandel.

Die vier manne het elke dag van 07:00 tot 14:00 gewerskaf.

Hoewel Horn in ’n rolstoel is, hou hy nie daarvan om ledig te wees nie.

“Hy stel beslis vir ons almal ’n goeie voorbeeld,” sê Nita Wessels, ’n lid van die klub.

“Ek het hom ook nog nooit hoor kla nie.”

Spelers van die klub was verheug om op Donderdag 16 Julie na die baan terug te keer. Rolbalklubs kon heropen, mits daar aan Covid-19-regulasies voldoen word.

  • Lede van die publiek het op Woensdae en Saterdae om 14:00 toegang tot die bane. Spelers moet die baan ’n dag voor die tyd bespreek. Vir meer inligting of om besprekings te doen, bel Charl Sieberhagen by 082-680-6655.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.