Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rugby bind land (weer) saam

Ek is seker een van die min mense in die land wat nie gereeld rugby kyk nie.

Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd was egter ’n uitsondering.

Dit was ’n oomblik wat ek nie kon mis nie; die soort eindstryd wat ’n mens nie sommer weer in jou leeftyd sal sien nie.

Al het ek min rugbykennis, was dit vir my ’n hoendervel-oomblik om Makazole Mapimpi en Cheslin Kolbe se spogdrieë te aanskou.

Wat egter vir my meer uitgestaan het, is hoe Suid-Afrikaners van oor die wêreld heen saam­gestaan het.

Talle Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, het op die sosiale media video’s geplaas wat wys hoe hulle bymekaarkom om die wedstryd te kyk.

In Suid-Afrika was die Bok-gees uiteraard aansteeklik.

Ek wens ek kon ook Dinsdagmiddag (11/05) by die OR Tambo-lughawe wees wanneer Suid-Afrika se helde terugkeer.

Siya Kolisi, Bok-kaptein, het in ’n onderhoud gesê die span het almal verskillende agtergronde, maar een gemeenskaplike doel.

Hulle wou vir die land wys dat hulle hul doelwit kan bereik as hulle by een plan hou. Hulle wou vir Suid-Afrika hoop gee.

Mag dié gevoel lank in die land seëvier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.