Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ruimte onlosmaaklik deel van storie
Igno van Niekerk
Igno van Niekerk

teen vroegmiddag die horison verken vir ’n plek waar ons langskaduweetyd sou uitspan. En dan, wanneer die ou wa tot stilstand gekraak het, het hy altyd eerste ’n wye sirkel om ons tydelike tuiste gestap.

Dikwels het hy lank weswaarts getuur en die laaste passies van die son se pienk-oranje pasteldans met die aarde geniet.

Ek het dikwels die tyd gebruik om hout bymekaar te maak, die swartgebrande ketel op die vuur staan te maak, slaapsakke uit te rol en in my joernaal te skryf.

Die oogklappe van pragmatiek.

Wanneer die voëls kwetter­gesprekke in die bome begin voer het, het die storiesmous teruggekeer. Die vervulling van die laaste lig helder in die nuut­gevonde regopheid van sy dagverstapte skouers.

“Ruimte,” het hy een aand gesê, voordat hy weer lank na die gesis van die kampvuur se vlamtonge geluister het. “Weet jy hoe belangrik is ruimte in stories?”

Die ketel het begin kook en ek het die blikkie kondensmelk uit ons knapsak-spens gehaal.

“Dink aan die Hobbit se ruimte, of ’n woud in ’n Stephen King-verhaal. Ruimte praat en ruimte luister. Soms beheer ons ruimte en soms beheer die ruimte ons.”

Met die taai kondensmelklepel het ek die koffie versoet, die rinkel van die blikbeker gehoor; maar ek het stilgebly. Teen dié tyd het ek geweet daar is geen beter manier van leer as om te luister nie.

“As jou ruimte jou ongelukkig maak, verander dit. As jy dit nie verander nie, vind ’n ander ruimte. Maar bowenal, waardeer die ruimtes rondom jou, want hulle gaan nooit weer dieselfde wees nie. Die lig sal altyd anders val as die vorige keer; jy gaan verander, die ruimte verander voortdurend. Jy is nie waar jy vandaan kom nie, maar jy kies waarheen jy gaan. Jou ruimtes is onlosmaaklik deel van jou storie.”

Die koffie was warm en soet; skemer het vir sterre begin plek maak. Agter die bome het die volmaan ’n woudkers aangesteek. Die skadu’s het stil gespeel soos die maan tussen ’n paar gordynwolke hoër gedraal het.

Ek het dit nie daardie aand besef nie – maar oor daardie koppie koffie het my lewe verander. Sedertdien kies ek my ruimtes, waardeer hulle en verander hulle ten goede waar ek kan. Nie hulle of ek sal ooit weer dieselfde wees nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.