Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ruiter toon haar staal in die saal

Ilene Beukes (17), ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het in die internasionale Saddle Seat-byeenkoms ’n goue medalje gewen en is as die individuele driegang­ruiter van die kompetisie aangewys.

Dié byeenkoms is op Saterdag 25 Augustus in Bloemfontein aangebied.

Sy is ook deel van die junior Protea-ruiterkunsspan wat goue medaljes in die driegang- en vyfgangruiterkunskompetisie teen Namibië gewen het.

Die spanne (driegang en vyfgang) benoem elk ’n ruiter om individueel mee te ding.

Ilene vertel dat driegangruiterkuns stap, draf en galop behels.

In vyfgangruiterkuns kom kortgang en trippel ook by.

Sy was nie van kleins af lief vir perdry nie en het in 2011 die eerste keer op ’n perd se rug geklim. Ilene het in 2012 aan haar eerste skoukompetisie deelgeneem, en in 2015 aan die junior Proteaspan se proewe.

Sy is in 2014 en 2015 op die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms as die kampioen in die parkperd-afdeling aangewys.

Vroeër vanjaar het sy aan die Kampioen van kampioene-byeenkoms deelgeneem, waar sy vyfde in die land geëindig het.

Ilene durf elke naweek die pad Bloemfontein toe aan, waar sy by Elizka Jordaan afrigting ontvang. Al is dit groot opoffering, meen sy dit is alles die moeite werd. Dit is vir haar lekker om haarself te druk om nuwe hoogtes te bereik.

“Die band tussen mens en natuur wat ek ervaar wanneer ek op ’n perd is, is vir my ongelooflik,” sê sy.

Wanneer Ilene in Bloemfontein is, doen sy modelwerk by Ace Models. Sy is vanjaar as Mej. Witteberg gekroon en speel ook netbal vir haar skool.

Sy geniet die buitelewe en droom daarvan om eendag haar helikopterlisensie te kry.

Die band tussen mens en natuur wat ek ervaar wanneer ek op ’n perd is, is vir my ongelooflik

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.