Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ruiters maak klub, provinsie trots

Altesaam 23 lede van die Maluti Western Riders-klub is vanjaar in die Vrystaatspan ingesluit om aan die South African Western Mounted Games Association se nasionale kompetisie deel te neem.

Die 88 ruiters in die Vrystaatspan moes teen al die ander provinsies se beste ruiters meeding.

Die byeenkoms het van 21 tot 23 September in Parys, Vrystaat, plaasgevind, waar 441 perde deelgeneem het.

Volgens Edith Munnik, president van dié klub, het die ruiters die klub se naam hoog gehou.

“Ons is baie trots op elke ruiter – of hulle nou ’n prys gekry het of nie. Volgens my het elke ruiter sy bes gegee. Dit was ’n groot voorreg om deel te neem en die provinsie te verteenwoordig,” het sy gesê.

Talle lede het onder die tien topruiters in hul onderskeie nommers geëindig. Die nommers waarin die ruiters kon deelneem, is:

  • “barrel racing”;
  • “keyhole”;
  • “hurry scurry”;
  • “pole bending (poles 1 and 2)”;
  • “quadrangle”;
  • “bi-rangle”;
  • “single stake”;
  • “figure-eight flags”;
  • “figure-eight stake”;
  • “speedball”;
  • “big-T”; en
  • “speedbarrels”.

Uit die 61 ruiters wat in vlak 4, die hoogste vlak, meegeding het, het Jonelle Geldenhuys ’n sewende plek in “speedball” en ’n tiende plek in “single stake” behaal.

Vyf van die Maluti Western Riders-klub se ruiters het in vlak 3 plekke behaal. Altesaam 105 ruiters het in dié vlak meegeding.

John de Bruyn het met twee perde deelgeneem en die eerste plek in die “keyhole”-nommer behaal.

Hy het derde plekke vir “figure-eight flags”, “figure-eight stake” en “single stake” behaal, en die vierde plek vir “speed barrels”.

Hy het ook in die veterane-klas meegeding, waar hy die algehele sesde plek behaal het. Hy is in die South African Equestrian Federation (SAEF) se veteranespan ingesluit.

Johan van der Merwe het die sesde plek vir “speedball” en sewende plek vir “keyhole” behaal.

Mieke du Plooy het ’n vyfde plek in die “poles 2”-nommer behaal, en ’n algehele sesde plek in haar vlak.

Cilmari Geldenhuys het die sesde plek vir “figure-eight flags” behaal.

Martin van Zyl het die agtste plek vir die “poles 2”-nommer behaal.

Altesaam 81 ruiters het in vlak 2 meegeding. Elias Maseko was sewende in “figure-eight flags”.

In vlak 1 het 75 ruiters kragte gemeet. Sandri Rens het ’n tweede plek in “figure-eight flags” en “figure-eight stake” behaal. Yo-Mari Jonker het ’n tweede plek in “speedball” behaal.

  • Nog ruiters van die klub wat deelgeneem het, is: Riette Strydom (vlak 1); ) Aldia van Wyk (vlak 1);
  • Bielie van der Walt (vlak 1);
  • Frans van Wyk (vlak 2);
  • Ilandie Rall (vlak 2); ) Daniel van Wyk (vlak 2); ) Mignon Thomas (vlak 2); ) Martheni van Zyl (vlak 2);
  • Mieke du Plooy (vlak 3); ) Juandre le Roux (vlak 3); ) Kayla Lindeque (vlak 3);
  • Kalie Munnik (vlak 3);
  • Marizaan van Zyl (vlak 3); en ) Karel Munnik (vlak 4).

Elke ruiter het sy bes gegee.

- Edith Munnik

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.