Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rus sag, vriend

Voorsitter, vriend, filosoof en mentor. Al hierdie dinge was Gerrie Roetz vir Salileni.

Gerrie laat diep spore. Hy het ’n sagte begrip gehad vir die wel en wee van ons lede en het met eindelose geduld die sonskyn van die lewe aan hulle openbaar. Nie net deur sy woorde nie, maar met sy omgee, sy gebed en sy menswees.

Gerrie se lewe was deurdrenk met die liefde en deernis van God. Ons hart is vol bewondering vir die omgee-raakvat-liefkry-mens wat hy was.

God was sy bondgenoot en sielsgenoot.

Salileni is tevrede dat ons ’n gerf van God se gesaaide akker saam met hom kon deel. Ons is tevrede dat God hom kom haal het om saam met Hom ’n maaltyd in die hemel te geniet. Rus in vrede, Gerrie. Salileni sal jou nooit vergeet nie.

L.E. de Coning, bestuurder, Salileni,
Bethlehem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.