Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sekerheid lê net op een plek

Waarvan kan ’n mens seker wees, absoluut seker wees?

Jou gesondheid?

Vandag is jy blakend gesond, maar môre is jy dalk dodelik siek. Vandag nog vry van Covid-19, maar môre kry jy dalk die SMS wat jou inlig dat jy positief getoets is.

Die weer?

Dit is so onvoorspelbaar. Weet ons werklik wanneer dit somer en wanneer dit winter is?

Wat van jou welvaart, jou eiendomme en aandele, jou ekonomiese vooruitsigte?

Grendeltyd het alles in ’n oogwink kom verander.

Jou verwagtings van die lewe? Jou beplanning?

Al ons beplannings vir 2020 is deur ’n onsigbare vyand van die tafel gevee.

Jou verhoudings?

Vandag liefde, môre haat.

Ander mense se woord?

Mense is so graag oneerlik.

Kan jy absoluuut seker wees van jou eie eerlikheid?

As al hierdie dinge dan wankelbaar is, waarvan kan jy op hierdie oomblik absoluut seker wees?

Slegs een ding.

Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. – Rom. 8:38-39

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.