Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seun (12) gegroet ná selfdood

’n Ouerpaar van Kestell is in rou gedompel nadat hul lieflingseun sy eie lewe geneem het.

Die 12-jarige Herman Odendaal is op Sondagmiddag 19 Julie dood verklaar.

Volgens sy tannie, Yolanda Liddell, het hy die middag buite gespeel en was sy ouers, Johan en Arina, in die huis besig.

Arina het na Herman gaan soek en op sy lyk afgekom.

Die nooddienste is ontbied, maar dit was klaar te laat.

“Dit is ’n reuse-slag vir hulle,” sê Yolanda.

“Hy was ’n sprankelende seuntjie. Hy was mal oor karre en het daarvan gedroom om eendag sy eie motor op te bou.

“Hy het vreeslik baie gesels, maar die laaste ruk het hy stiller begin word.”

Yolanda sê hulle het op ’n briefie van Herman afgekom, maar hulle weet nie of hy dit kort voor sy selfdood geskryf het nie. Hierin skryf hy in Engels: “I feel alone. They don’t want to be my friend. I’m a loser.”

“Arina het die Saterdag voor sy dood agtergekom iets is fout, maar Herman het net gesê hy is moeg.”

Herman se roudiens is Vrydag (24/07) om 11:00 in Kestell gehou.

Jacques Myburgh

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.