Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seun, oupa swem Midmar

Oupa Corrie Craven (72) neem gereeld saam met sy kleinseun Tristan Craven (17), ’n gr. 12-leerling aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, aan oopwaterswem­byeenkomste deel.

Hulle oefen baie kilometers in die skool se swembad ter voorbereiding vir elke byeenkoms. Afstande wissel van 3 km tot 1,5 km en 1 km.

Op Sondag 9 Februarie het Corrie sy tweede, en Tristan sy vyfde, Midmar-myl by Howick voltooi.

Ander damme wat die twee elke jaar saam aanpak, is dié by Sun City, die Maselspoortdam by Bloemfontein en die Chelmsforddam naby New Castle.

Corrie sê dit is ’n seën en voorreg dat die Liewe Vader hom nog die gesondheid gee om saam met sy kleinseun te kan deelneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.