Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sibbe blink uit in kunste

Edmund (17) en Sophia de Wet (11) van Harrismith het vanjaar goed in musiek en drama presteer.

Dié broer en suster ontvang musieklesse by Beulah van Aswegen. Edmund het pas sy Unisa gr. 7- musiekeksamen met eervolle vermelding geslaag en 76% behaal. Sophia het in Junie haar Unisa gr. 1-teorie-eksamen geskryf en met 93% (lof) geslaag. In haar praktiese gr. 2-musiekeksamen het sy 85% (lof) behaal.

Edmund het by vanjaar se Bethlehem-eisteddfod drie A+- en twee A-simbole behaal. Sophia het ’n A++-, vyf A+-, een A- en een B+-simbole verwerf. Sophia het ook ’n meriete-eerbewys vir buitengewone prestasie in die instrumentale-afdeling verwerf.

Albei ontvang spraak- en dramaklasse by Jonita Breytenbach in Bethlehem.

By die Bethlehem-eisteddfod het Sophia drie A++-simbole en een A+-simbool vir Afrikaanse drama behaal, asook ’n meriete-eerbewys in Afrikaans Drama.

Edmund het in Junie in die Pretoria-eisteddfod se drama-afdeling deelgeneem en vier A++-simbole en een A+-simbool verwerf. By die Bethlehem-eisteddfod het hy vier A++-simbole in Afrikaanse drama en twee A++-simbole in Engelse drama verwerf. Hy het ook meriete-eerbewyse in albei afdelings behaal, asook ’n spesiale eerbewys en prysgeld vir sy harde werk, toewyding en prestasie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.