Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sien om na ander

Die afgelope week het Oos-Vrystaters hul koskaste behoorlik gevul. Van Dinsdag (24/03) af was veral apteke, supermarkte en slaghuise baie besig.

Mense het gekoop asof die wêreld Donderdag om 00:00 tot stilstand gaan kom.

Baie mense het na wat dit lyk proaktief opgetree, al het pres. Cyril Ramaphosa streng reëls voorgeskryf en verseker het dat kos en medisyne steeds gekoop sal kan word.

Woensdagaand (25/03) het heelwat mense nog saam gebraai en gekuier met die wete dat een van hulle dalk die koronavirus onder lede kan hê en ander kan aansteek.

Moes ons nie reeds ná die president se eerste versoek al versigtiger wees nie?

Ramaphosa het gesê die regering gaan streng optree teenoor diegene wat nie die regulasies nakom nie.

So is ’n haarkapper van KwaZulu-Natal in hegtenis geneem en aangekla van poging tot moord nadat hy positief getoets is en steeds sy besigheid bedryf het.

In ’n ander geval is ’n slaghuiseienaar vasgevat nadat hy die prys van vleis aansienlik verhoog het.

Teen druktyd was daar meer as 785 000 mense wêreldwyd met die koronavirus besmet, terwyl die sterftesyfer reeds meer as 37 600 was.

Die meeste Suid-Afrikaners is al ’n hele paar dae by die huis. Diegene wat van die huis af werk moet selfdissipline aan die dag lê. Moenie laat slap lê nie, maak gereed vir werk soos wat jy elke oggend doen en begin jou normale werktyd werk.

Indien jy nie werk nie, gebruik die tyd om gehaltetyd saam met jou gesin deur te bring. Speel speletjies, loop om die huis, speel met die troeteldiere. Laat die kinders help om kos te maak.

Maak groot hoeveelhede kos en vries dit. Dit sal handig te pas kom wanneer jy weer gaan werk. Jy kan ook al die agterstallige take doen soos kaste regpak. Onthou om, indien jy klere wil uitgooi, dit eenkant te hou en ná die inperking aan ’n welsynsorganisasie te skenk.

Indien jy alleen bly, hou kontak met familie en vriende.

Kom ons almal doen ons deel om die koronavirus hok te slaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.