Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sien om na gesin

Bethlehem-kinder-en-gesinsorg is ’n nie-winsgewende organisasie wat professionele dienste aan die gemeenskap lewer, veral aan gesinne met kinders.

Volgens Karin van Jaarsveld, maatskaplike werker, beoog hulle om op die lang termyn ’n verskil in iemand se lewe te maak.

Oor die laaste 92 jaar bedien die organisasie die gemeenskap in Bethlehem, Paul Roux, Clarens, Fouriesburg en Rosendal.

Van die dienste wat hulle lewer, sluit die voorkoming en pre-statutêre dienste aan kinders in wat mishandel of verwaarloos word en in nood verkeer, asook hul gesinne. Dit sluit ook statutêre dienste (kinderhowe) aan die kinders en gesinne in.

Hulle lewer ook herenigingsdienste aan sowat 150 kinders in pleegsorg.

Alternatiewe verblyf word aangebied en oornaggeriewe om slagoffers van huishoudelike geweld, geslagsgeweld en ernstige misdaad te huisves.

Hulle reik uit na straatkinders en bied maatskaplike dienste vir mense met fisiese en verstandelike gestremdhede.

Hulle beskik oor ’n jeugsorgsentrum waar tot 24 kinders deur die howe geplaas kan word. Daar is tans sowat 13 kinders.

Suzette de Jager, tesourier, vertel dat hulle onder meer ook ouerleidingsgroepe en onderwysersondersteuning bied waar onderwysers kan ontlaai.

Die maatskaplike werkers is ook opgelei vir traumaberading. Wanneer daar byvoorbeeld ’n moord plaasvind, kan die personeel gevra word om berading te gee.

De Jager sê geld is ’n groot uitdaging. Hul begroting is R2,8 miljoen, waarvan R2 miljoen staatsubsidie is.

“Ons het vanjaar ’n tekort van R400 000 nadat die personeel se salarisse met tussen 20% en 30% gesny is,” sê De Jager.

Kontant om die personeellede se salarisse en die operasionele uitgawes te betaal, is van groot belang.

Daar is verskeie maniere waarop die gemeenskap bydraes kan lewer.

Bethlehem-kinder-en-gesinsorg is dankbaar vir elke item en kos wat by hulle afgelaai word.

Hulle reik artikel 18A-belastingskwytskeldingsertifikate uit vir persone wat skenkings aan hulle maak.

Dié organisasie is by President Brandstraat 30, Bethlehem, geleë.

  • Skakel 058-303-0222 of 058-303-4701 vir meer inligting. Vrystaat Nuus/News en MalutiFM 97.1 gesels elke Vrydag omstreeks 07:45 regstreeks met ’n organisasie in die Oos-Vrystaat wat ’n verskil in die samelewing maak.

Stuur ’n e-pos na martinette. hay@volksblad.com indien jy van ’n organisasie weet wat ’n verskil in die samelewing maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.