Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sing saam met jou hele hart

“…sing met julle hele hart tot eer van die Here.” (Efesiërs 5:19)

Daar is ’n verhaal van ’n groepie monnike in Frankryk wat alom bemind was vanweë hul liefdevolle simpatie en vele weldade. Nie een van hulle kon egter sing nie.

Op ’n goeie dag het ’n reisende monnik, ’n groot sanger, by die klooster aangeklop.

Groot was die vreugde van die onmusikale monnike, want nou het hulle die singende monnik gehad om hul dienste op te luister. Daardie nag het ’n engel egter die hoofmonnik in ’n droom besoek.

“Waarom was daar dan nie sang tydens die aanddiens nie? Ons luister altyd na die pragtige lofsang wat uit jul samekomste opstyg.”

“Maar u maak ’n groot fout,” roep die monnik uit, “gewoonlik het ons geen sang wat die moeite werd is om na te luister nie. Maar vanaand het ons ’n opgeleide sanger met ’n wonderlike stem gehad, en hy het tydens die diens vir en namens ons almal gesing. Vir die eerste keer in jare was ons gemeentesang nou rêrig van ’n goeie gehalte.”

Die engel glimlag: “En tog het ons daar bo in die hemel niks daarvan gehoor nie. Moontlik het hierdie groot sanger nie met sy hele hart gesing nie.”

Sing jy met jou hele hart?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.