Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skadu’s het ligkant

’n Goeie foto is dikwels die resultaat van goeie komposisie, en goeie komposisie behels dikwels dat die fotograaf nie alleen die hoek en omvang (raam) van ’n foto nou­keurig kies nie, maar ook lig en skadu’s laat dans.

So. Hoe laat ek lig en skadu’s in my lewe dans? Baie mense dink dat die negatiewe momente in die lewe die skaduwees is; maar wat van die feit dat skaduwees ook koelte bring?

Skaduwees kan rigting en tyd aandui. Dit kan skuiling bied.

Kom ons dink egter ’n oomblik na oor skade-skadu’s en skadu-wees.

Daar is skadu-woorde wat dikwels oor, en selfs deur ons gespreek word. ’n Onderwyser se oordeel dat jy nie kunstig is nie, iemand wat sê dat jy afdwaal en onoplettend is.

Menings wat ’n mens minder maak as wat jy is.

Dis dan dat ’n mens sonwoorde soek. Ek is dalk juis kunstig omdat ek totaal uniek anders is; ek is dalk juis ’n afdwaler omdat ek ’n dromer is – en die wêreld het dromers meer nodig as ooit.

Soms is mense so verknog aan skaduwees dat hulle af getrek word in ’n poel van duisternis.

Hoe lank moet ek vir iemand kwaad wees, moet ek oor iets beswaard wees, moet ek verontrief voel, moet ek ’n skadu wees?

Wat van drie minute?

Sommige mense wíl langer kwaad wees of in skadusmart swem. Hulle verkies drie ure, drie dae, drie maande of selfs drie jaar.

Die ligvraag wat mens dalk moet vra is: “Wat baat dit my?”

En hoe vinniger ek besef dat my opgepofte wange en uitsiglose houding my nie ver gaan bring nie, hoe vinniger kan ek dalk die lig sien.

Vir sommige mense is dit werklik donker. Depressie. Bipolariteit. Verlies van ’n naaste. Dis nag. En die nag is vol donker wolke – so daar is nie ’n ster in sig nie.

En wanneer dit so donker is dat jy niks kan sien nie, is daar net een ding wat jou dra. Jy moet glo dat daar sterre is, dalk ’n maan en dat die aarde se omwenteling weer ’n sonsopkoms kan bring.

Dit is dan dat die fotograaf die komposisie finaal aanpas om ’n storie te vertel.

Dan kliek jy – dis jou storie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.