Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skenkers vereer

Die Bethlehem-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) het sy doelwit om in die afgelope jaar 9 520 eenhede bloed in te samel, oorskry. Altesaam 9 597 eenhede is ingesamel.

’n Glansgeleentheid is Vrydag (05/04) by die Maluti-Hooglandskool gehou om skenkers met medaljes te vereer.ontvang vir mylpale met hul skenkings.

Paul Goetham, sonebestuurder van die SANBD in die Vrystaat en Noord-Kaap, sê dié skenkers het altesaam 3 110 eenhede bloed geskenk, en sodoende 9 330 lewens gered.

Een eenheid bloed kan tot drie mense se lewe red, aangesien dit in drie komponente verdeel word: rooibloedselle, plasma en bloedplaatjies.

Die mens wat die meeste eenhede bloed geskenk het, is Marthinus Smidt met 275 eenhede.

At Cilliers het 200 eenhede geskenk, en Dawid van der Merwe 175.

Skenkers wat 20, 50, 75, 100, 125 en 150 eenhede bloed geskenk het, is ook vereer.

Rochelle van der Merwe, skakelbeampte, sê slegs 1% van Suid-Afrikaners skenk bloed.

“Daarom het ons passievolle gemeenskapslede nodig om ons te help om ’n verskil aan die statistiek te maak,” sê sy.

Sy het ook die kliniekkontrolleerders – Juan Wessels, Hester Calitz, Eben von Well, kapt. Anita Biddulph, Sello Mokoena, HJ du Plessis en Doret Hattingh – vir hul aandeel in die bereiking van dié doelwit bedank.

Jana Wallace, bemarkingshoof van die SANBD in die Vrystaat en die Noord-Kaap, sê mense het elke dag van elke jaar bloed nodig.

“Dit is deur julle wat lewe vir mense in uiterse nood gegee word.

“Dié ontvangers kry ’n tweede kans om ’n verskil te maak, om opgewonde en gelukkig te wees en om tyd saam met familie en vriende deur te bring,” sê Wallace.

Maryke van der Watt, ’n arbeidsterapeut van Harrismith, het haar storie vertel.

“Ek was nog altyd self ’n skenker, maar eers toe ek self bloed nodig gehad het, het ek besef hoe belangrik dit is om te skenk.”

Sy het komplikasies ná haar dogtertjie se geboorte ondervind.

Toe haar kind 12 dae oud was, het Van der Watt onophoudelik begin bloei en dringend bloed nodig gehad.

“Dankie aan die skenkers wat dit vir ons moontlik gemaak het om steeds ’n familie te wees,” sê Van der Watt.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.