Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skenkings uit hart na Natal gestuur

Voedseltekorte in KwaZulu-Natal, nadat inkopiesentrums en winkels deur oproermakers geplunder is, het die Bethlehemse gemeenskap laat besluit om kos en ander noodsaaklikhede vir die rampgeteisterde gebiede in te samel.

Die gemeenskap het ingespring om kosvoorraad en noodsaaklikhede bymekaar te maak om te skenk.

Die AGS-kerk in Bethlehem was een van vele instansies wat ’n kosinsamelings­projek begin het.

“Ek het nog noue bande met die AGS-kerk in Amanzimtoti, en ons gemeente het onmiddellik besluit om die behoeftiges in Natal te help – veral nadat ons besef het hoe ernstig die nood op die oomblik daar is,” sê pastoor Herman Grundlingh van dié kerk.

Die kerk is dankbaar teenoor elke individu, familie, sakeonderneming en organisasie wat elkeen op een van ’n verskeidenheid maniere betrokke was.

“Danksy almal se bydraes kon ons verlede week twee ton kos en ander noodsaaklikhede na die rampgebiede stuur.”

Die besending is Donderdag (22/07) by die verspreiders in Amanzimtoti afgelaai, wat die kos aan behoeftiges sou versprei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.