Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skok-video wys gevolge

Ek lees in die nuus dat die “demoon-dwelm”, wat sedert Saterdag 27 Oktober 14 tieners en jong volwassenes in Pretoria in die hospitaal laat beland het, steeds verkoop word.

Dit is ondanks ’n grootskaalse “skoonmaak-operasie” deur die polisie, wat op talle spazawinkels in Pretoria-Wes toegeslaan en op die dwelms beslag gelê het.

Die meeste verwante voorvalle waarin mense siek geword het, was weens die rook van dié middel, bekend as “Herbal Blend”, “Puff” of “Blaze”.

Video’s van jong mans en kinders van Pretoria wat oënskynlik aanvalle en psigotiese episodes beleef nadat hulle dié middel gerook het, is wyd op sosiale media versprei.

Een van dié video’s is van twee jong mans wat byna in ’n besete toestand is nadat hulle dit gerook het. Op die video kan gesien word hoe een seun op ’n bed rondspring en onbeheersd in ’n kamer rondval. Sy vriend lê op die grond, praat onherkenbare brabbeltaal en ruk onbeheersd.

Dit is iets wat geen ouer wil sien nie.

Hoewel die video ontstellend is en mense voel dat dit nie versprei moet word nie, voel ek dit is nodig om te sien wat dié middel aan jou doen.

Dit laat my opnuut besef dat daar soveel versoekings is waarmee kinders kan eksperimenteer. As ouers moet ’n mens waaksaam wees en jou kinders beskerm en waarsku.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.