Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skole maak planne vir inperktyd

Saam met ’n onbeplande verlengde skoolvakansie en staat van inperking weens die uitbreking van die Covid-19-pandemie kom Oos-Vrystaatse skole en leerlinge voor heelwat uitdagings te staan.

Vrystaat Nuus/News het met enkele plaaslike skoolhoofde gesels oor die praktiese implikasies van die inperking op akademiese, sport- en kultuurgebied.

Die hoofde is dit eens dat hul skole pres. Cyril Ramaphosa se besluit om inperking respekteer en dat alle aktiwiteite in teenstryd met die voorwaardes van die staat van inperking, opgeskort is.

Dit sluit sporttoere en kultuuraktiwiteite in.

Hannes Oosthuizen, skoolhoof van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem, sê dié skool kommunikeer met leerders via WhatsApp-groepe en die D6 Communicater-toepassing, waartoe die meerderheid van leerlinge en ouers toegang het.

“Daar is reeds werk uitgedeel aan ons gr. 12’s om op eie tyd deur te werk tot die skool weer amptelik heropen.

“Hoewel ons leerlinge aanraai om aanlyn platforms soos die Wolkskool en AdvantageLearn te gebruik om werk te hersien, moet direkte kommunikasie met hul vakonderwysers hul primêre fokus wees,” sê Oosthuizen.

Ook by die Hoërskool Voortrekker is WhatsApp-groepe vir alle klasgroepe, vakgroepe en sportspanne geskep.

Gys Coetzee, skoolhoof van die Hoërskool Voortrekker , sê sportspesifieke oefenprogramme is ontwikkel wat per WhatsApp aan leerlinge gestuur word.

Die monitering daarvan word deur die afrigters gedoen – ook per Whats­App.

Oefenprogramme word ook op klasgroepe geplaas om te verseker dat leerlinge in dié uitdagende tyd ’n gebalanseerde leefstyl volg.

Geen leerling aan die Hoërskool Reitz sal benadeel word deur werk wat verlore gaan, afgejaag word of as tuisonderrig gesien word nie, het Uys le Roux, skoolhoof van dié skool, gesê.

Volgens Le Roux sal die volle kurrikulumtyd steeds gehandhaaf word en sal die departement van onderwys vir verlore tyd voorsiening maak.

Le Roux sê dit is die skool se siening dat hierdie ’n belangrike tyd vir gesinne is om saam te bestee, om te verseker dat kinders veilig en geborge voel.

Hy meen ouers kan van dié tyd gebruik maak om hul kind die belangrikheid van ’n roetine en dissipline te leer, asook weer belangrikheid van waardes te beklemtoon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.