Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skoleprojek groei met rasse skrede

Die departementshoof van landbou aan die Hoërskool Kroonstad (Blouskool), Frikkie van Zyl, is deur skole van die Veeplaas-skoleprojek as ’n verteenwoordiger vir dié projek gekies.

Vanweë die toename in die getal deelnemende skole, asook verskeie projekte wat begin is, het die bestuur vanjaar besluit om bykomende verteenwoordigers vir die skole te kies.

Van Zyl sal vir die volgende twee jaar vir skole in die Vrystaat en Noord-Wes optree.

Die Veeplaas-skoleprojek, wat in 2016 ontstaan het, se doel is om die leerlinge van verskillende skole blootstelling aan die landboubedryf gee, en om genootskappe die geleentheid te gee om hul spesifieke ras onder die jeug te bevorder.

Met die belangstelling onder landbouskole wat toegeneem het, het die projek te groot geword vir die Veeplaas-skoleprojek om dit alleen te bedryf.

Daarom is die Plaas-landboujeugstigting gestig.

Die jeugstigting bestaan uit korporatiewe lede in die landboubedryf, ’n verteenwoordiger van al die betrokke skole en die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landbouonderwysers­vereeniging.

Van Zyl het ook die afgelope twee jaar in die jeugstigting se bestuur gedien.

Op die verkiesingsgeselligheid het Albert Loubser, die projekbestuurder vir die skool se volgehoue rekordhouding, opdatering en terugvoering aan die Plaas-landbou­jeugstigting, die Hoërskool Kroonstad vir die skool se Veeplaas- Santa Gertrudis-kudde en Veeplaas- Suffolk-kudde geloof.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.