Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skool bied eerste netbalkliniek aan

Die Laerskool Jordania in Bethlehem se eerste netbalkliniek vind van Donderdag 28 Maart tot Saterdag 30 Maart op dié skool se netbalbane in samewerking met Sun City Netbal plaas.

Dorette Badenhorst is die hoof­afrigter vir die week. Badenhorst was voorheen die Noordwes-Universiteit (NWU) se netbalafrigter en is tans die Gauteng Fireballs en die Suid-Afrikaanse o.21-Protea-netbalafrigter.

Spelers en mede-afrigters se getuigskrifte oor Badenhorst spreek boekdele:

“Dorette is ’n ongelooflike afrigter. Haar menseverhoudinge en vermoë om die regte besluite op die regte tyd te neem maak van haar iemand besonders. Haar kennis van die spel is ongeëwenaard. Sy is só geleerd en as mens is sy iemand baie spesiaal.”

“Dorette is ’n afrigter wat ’n gemiddelde speler kan vat en haar in ’n puik een omskep. Sy het nie uitstaande spelers nodig nie, sy bou hulle. Sy maak hulle.”

Badenhorst en haar span van sewe afrigters sal die kliniek lei, waar spanne twee volle dae se afrigting sal ontvang. Op die laaste dag sal wedstryde gespeel word en spanbou-aktiwiteite sal by Clarens Xtreme plaasvind.

Die kliniek is vir skole se A- en B-spanne van o.10 tot o.13.

Die organiseerders se oogmerk is om ’n afrigtingskliniek in die streek aan te bied om uitgawes te verminder.

Dit gee ook vir netbalspelers van Jordania en die streek, én hul afrigters, die geleentheid om hul vaardighede op te skerp en te oefen voor die ligaseisoen.

’n Totaal van 14 spanne van drie skole gaan aan vanjaar se kliniek deelneem. Altesaam 120 spelers sal die kliniek bywoon met ’n totaal van 20 afrigters.

Die kliniek begin klein, maar die skool glo dat dit in komende jare van krag tot krag sal groei.

“Ons sien uit na ’n baie opwindende drie dae van harde oefening en goeie sportmanskap.”

Die organiseerders bedank Riamari Wandrag vir die borgskap van die Sun City Netbal-groep se verblyf.

Die kliniek begin klein, maar die skool glo dat dit in komende jare van krag tot krag sal groei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.