Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skool koester verlede

Die Laerskool Jordania in Bethlehem het Donderdag (02/08) met die opening van sy museum hulde aan elkeen gebring wat oor die jare heen spore by die skool gelaat het.

Die skool vier vanjaar sy 60ste bestaansjaar, met die tema “Op die voetspoor van voortreflikheid”.

Volgens Elda Louw, onderwyser en akademiese hoof, los elkeen ’n spoor.

“Oor die jare heen is daar diep spore by Jordania gelaat. Ons eer die mense wat voor ons hier was en aan die skool help bou het.”

Gerard de Boer, voorsitter van die beheerliggaam, meen baie mense sien ’n museum as ’n ou plek vol stof.

“Tog leer dit ons leerlinge verantwoordelikheid. Dit wat jy vandag doen, het ’n invloed op môre. Ons kan die verlede onthou, en dit wys ons waarheen ons gaan.”

Die museum het sewe besoek­punte.

Aan die Prestige-muur pronk prestasies wat die skool tot nou behaal het. Die tweede punt is ’n voorwoord deur dr. André Smith, skoolhoof.

Derdens kan besoekers ds. J.G. Steyn, voorsitter van die eerste beheerliggaam, se brief lees. Die inligting by die vierde besoekpunt is in ses hoofstukke opgedeel: een vir die termyn van elke skoolhoof wat al gedien het.

Aan die Fokusmuur is die skool­wapen, die eerste skoolbaadjie en die skoollied se woorde te sien.

Die sesde besoekpunt, waar foto’s van vanjaar se leerlinge pronk, bring besoekers terug na die hede.

“Dit beeld Jorrie-wees uit en sal elke jaar verander om die hart en siel van vandag se kinders uit te beeld,” sê Louw.

By die laaste besoekpunt kan artefakte van die skool bekyk word.

60

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.