Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skool ontvang hoë eer

Die Hoërskool Witteberg is as die nommereen-skool vir wiskunde en fisiese wetenskap in die Vrystaat aangewys.

Dié eer het Witteberg ook in 2018 te beurt geval, op grond van die 2017-matriekuitslae.

Die skool spog met ’n matriekslaagsyfer van 98%, met 78,94% van leerlinge wat universiteitstoelating ontvang het. Daar was 213 onderskeidings.

Ses leerlinge is onder die top 50 in die Vrystaat, en Marisca Stander is onder die beste tien. Sy het ook 100% vir fisiese wetenskap behaal. Anroné van Tonder is die beste verbruiker­studie-leerling in die Vrystaat.

Selbie Swart is as een van die Vrystaat se beste fisiese wetenskap-onderwysers aangewys, en Anne-Marie de Jongh as een van die Vrystaat se beste wiskundeonderwysers.

Twee leerlinge, Anroné van Tonder en Elrine Zwarts, het agt onderskeidings behaal.

Drie leerlinge, Lesta Barrie, Chrisné Kruger en Marisca Stander, het sewe onderskeidings.

Die vier leerlinge wat ses onderskeidings behaal het, is Hanru Barnard, Rodé Grove, Dian Honiball en Stephen Nieuwoudt.

Vyf leerlinge het vyf onderskeidings behaal. Hulle is Tarryn Ball, Dané Derks, Luca Loubser, Lerato Motaung en Marnus Zaaiman.

Die getal vakonderskeidings is soos volg:

  • Afrikaans (huistaal) – 5;
  • Afrikaans (eerste addisionele taal) – 3;
  • Engels (huistaal) – 1;
  • Engels (eerste addisionele taal) – 14;
  • wiskundige geletterdheid – 19;
  • wiskunde – 14;
  • lewensoriëntering – 10;
  • besigheidstudie – 2;
  • geografie – 2;
  • fisiese wetenskap – 17;
  • rekenaartoepassingstegnologie – 2;
  • inligtingstegnologie – 2;
  • rekeningkunde – 12;
  • ekonomie – 2;
  • ingenieursgrafika en -ontwerp – 4;
  • Duits – 2;
  • verbruikerstudie – 3; en
  • visuele kuns – 1.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.