Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skool se passie(s) vir lied ’n treffer

Die liedjie “Jerusalema” het die wêreld aan die dans. Ook die Hoërskool Witteberg in Bethlehem. Gr. 9-, gr. 11- en gr. 12-leerlinge het saamgespan om hul eie video vir dié gewilde ritmiese loslitliedjie te maak.

Gustav Dreyer, bemarkingshoof, sê die reaksie op die video was baie positief.

Die plasing daarvan op 15 Augustus op die skool se Facebook-blad, met die hutsmerk #jerusalemadancechallenge, het teen Vrydag (11/09) reeds meer as 5 300 “likes” gekry en is deur oor die 4 000 kykers met ander sosialemediagebruikers gedeel.

Dreyer sê die Wittebergers se hommeltuig en twee personeellede, elk met ’n kamera, is ingespan om op ’n mistige Augustus-oggend die videomateriaal by die skool op te neem.

Volgens hom het die leerlinge tien minute lank voor die tyd geoefen voordat hulle op die maat van “Jerusalema” hul Witteberg-gees met die wêreld gedeel het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.