Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skool vier 118 bestaansjare

Op 1 September het die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem 118 bestaansjare gevier.

Benette Brits, die skool se bemarkingshoof, skryf op Facebook: Dit is 1870 en daar word skoolgehou in die NG kerk se saal. Die aantekening in die skool se dagboek lees “met een grasdak en zonder zolder”. Altesaam 14 jaar later word die hoeksteen van die Meisieseminarie gelê.

In 1902, aan die einde van die Anglo-Boereoorlog, word hierdie skool as die Bethlehem High School/Bethlehem Middelbare Skool gestig. Die eerste skoolhoof was dr. George Clarke. In 1938 kry die skool ook sy huidige naam: Bethlehem Voortrekker Hoërskool.

Die jaar 1952 is die jaar van gebeurtenisse. Die hoeksteen vir die “nuwe skool” word gelê.

In 1955 word die “nuwe skool” betrek, waar die huidige Truida Kestell-skool vandag is. Tom van Vollenhoven word die skool se eerste Springbok-rugbyspeler.

Voortrekker se huidige skoolhoof, G.H. Coetzee, word in 2012 saam met die 110 jaar-feesvieringe as die 12de skoolhoof aangestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.