Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skool wil eer verdedig

In ’n wêreld waar daar deesdae so min tyd is, waar daar ’n gejaag na bestaan is, so baie verkeerd is, so min verdraagsaamheid is, so min opregtheid is, so min hoop is . . . tree die Hoërskool Witteberg met trots vir die jaarlikse derby aan.

Vir ons is dit die geleentheid om die waardes en etiek waarvoor ons staan, te demonstreer. Daarom is ons opgewonde, gereed en oorgehaal om ons eer te verdedig.

Ons nooi u uit om die bloumassa te kom beleef – soos altyd sal ons ’n toonbeeld van jonkwees wees, sal ons nooit opgee-gees aansteeklik wees en kan ons u verseker, sal daar kliphard gespeel word. Net ons beste – dit is ons waarborg aan u.

Die derby is vir ons die toonvenster van hoop – dat daar krag is in die manier hoe die jeug uitdagings aanpak.

Thank you dear parents, for entrusting your children to our strive of empowering and guiding them. Thank you that we may boast in pride with their God-given talents. Thank you for your role in stimulating and developing the skills of your child. Thank you for your dedicated support next to the field of play.

May you know that it means the world to them that you are present and appreciative of their efforts. Be sensitive with your own evaluation of your child’s efforts. After all, it is only a game.

Dankie bure, vir die moeite wat julle gedoen het met die voorbereiding van die dag. Sterkte met die aanbieding as gasheerskool.

Dankie aan elke borg en skenker – julle maak dit moontlik dat ons ons werk kan doen deur ons met jul ondersteuning te bederf. Dankie skeidsregters – julle sal weer talle menings moet verduur oor die toepassing van die reëls. Dankie personeel, afrigters en ouers van Witteberg – jul geloof en ondersteuning maak ’n verskil aan soveel kinders se lewe.

Dankie Here – vir nog ’n genadejaar in diens van U Koninkryk!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.