Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skoolloopbaan in ’n oogwink verby

Matrikulante het dié week hul laaste vraestel geskryf en ek kan nie help om aan my eie skoolloopbaan terug te dink nie.

Ek onthou my eerste dag van skool soos gister. Met my gestrykte wit-en-rooi-blokkiesskoolrok het ek my by die blou apie-klas aangesluit. Ek onthou die reuk van nuwe boeke en bordkryt, en die gevoel van trane wat oor my wange rol.

Hoërskool was ’n effens groter uitdaging. Dit is nie grappies nie. Jy moet slim wees – en nou praat ek nie van akademies slim nie.

Jy moet weet met wie om vriende te wees, hoe om jouself uit ’n klastoets te praat en hoe om net genoeg grimering te dra sodat die onderwysers dit nie agterkom nie.

Ek onthou van huiswerk afskryf in die eerste periode en hoe ek die tyd in die wiskunde-klas omgewens het.

Tog, voordat ek my oë kon uitvee, het ek my laaste matriekvraestel geskryf en my tasse vir universiteit gepak.

Die 12 jaar is in ’n oogwink verby.

Om klaar te wees met ’n matriek-eksamen is een van daardie groot oomblikke in elkeen se lewe. Van hier af is dit net vorentoe.

Met die nuutgevonde vryheid wag daar egter nuwe verantwoordelikhede. Skool was ’n veilige, beskermende plek. Daar was roetine en reëls. Nou is dit ’n tyd vir verandering. Skielik kan jy kies wat om klas toe aan te trek, waar jy in die klas wil sit – en of jy enigsins klas wil bywoon. Dit is ’n oorgangs­fase van kinderjare na volwassenheid.

Soos jy die onbekende wêreld betree, is dit belangrik om doelwitte vir jouself te stel en gefokus te bly. Só pas jy makliker aan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.