Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skouspelagtige parkrun vir Clarens

In pas met ’n landwye – en ook wêreldwye – neiging om ’n gesonde leefstyl te bevorder, gaan die Oos-Vrystaatse dorpie Clarens ook nou weekliks ’n parkrun-wedloop aanbied.

Die eerste Clarens-parkrun word op Saterdag 30 Maart om 08:00 aangebied. Dit sal deur Bruce Fordyce geopen word.

Die 5 km-roete gaan begin en eindig in Kerkstraat, by die Bibliophile-boekwinkel. Die roete strek hoofsaaklik deur die Clarens-natuurreservaat, en langs voetpaaie langs die spruite wat deur die dorpie vloei.

Die Clarens-natuurreservaat word bestuur deur die Clarens Village Conservancy (CVC), ’n nie-winsgewende organisasie wat die natuurreservaat en sy verskeidenheid stap- en fietsryroetes in stand hou.

Die parkrun-organiseerders het met die CVC saamgewerk om ’n roete te skep wat aan die parkrun-vereistes voldoen en skilderagtige natuurskoon bied.

So is daar gesamentlik aan die roetes gewerk en nuwe bruggies oor die spruite gebou, wat aan die deelnemers ’n besondere ervaring gaan gee.

Die roete strek verder oor die wal van die Clarens-dam, aan die voetheuwels van die Rooiberge., wat pragtige uitsigte oor die Klein Caledon vallei bied.

Dié geleentheid gaan ’n kombinasie van oefening en pragtige natuurskoon bied. Deelname is gratis.

Deelnemers moet hulle eenvoudig op die parkrun-webblad registreer, hul strepieskode uitdruk en opdaag.

Die CVC bied ’n verkeidenheid stap- en bergfietsroetes in die reservaat, van maklik tot uitdagend, en inligting hieroor sal by die parkrun beskikbaar wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.