Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skuil daarskynheiligheid agter masker?

Is jy skynheilig?

Wanneer julle besluit om goeie dinge vir ander mense te doen, moet julle eers seker maak hoekom julle dit doen.

Moenie ’n openbare skouspel daarvan maak sodat ander julle kan raaksien nie.

As julle op soek is na die applous van ander mense, skuld God julle niks meer nie. Dan het julle klaar julle beloning gekry. – Matteus 6:1 (Die Boodskap)

Daar is drie basiese soorte skynheiligheid:

Daar is diegene wat vroomheid veins, welwetend dat dit met slegte – of liewer selfsugtige – bedoelinge is. Hulle weet ten minste hulle is met bedrog besig.

Daar is ook diegene wat so heeltemal deur hul eie belangrikheid en eiegeregtigheid in beslag geneem word, dat hulle salig onbewus is van hul skynheiligheid.

Dan is daar die laaste groep, die meer subtiele skynheiliges. Soos die goeie kerkmense. Soos die goeie Christene. Die verfynde Fariseërs van Jesus se tyd.

Hulle doen die regte dinge.

Maar die enigste werklike toets vir hul skynheiligheid is die gesindheid in hul harte.

Op die baadjie takseer, sou mense hulle nie maklik skynheilig noem nie.

Maar net so by geleentheid, miskien in ’n onbewaakte oomblik, breek die magtige self deur die masker van nederige vroomheid . . .

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.