Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Slaghuis bied meer as net gehalte-vleis

Om ’n slaghuis te besoek hoef nie ’n onaangename ervaring te wees nie.

FarmFresh Lamb Butchery, wat Vrydag (08/11) in Bethlehem oopmaak, se oogmerk is om ’n uitstappie na die slaghuis ’n belewenis te maak.

“Ons wil nuwe lewe in die vleismark sit. Ons wil iets nuuts in die dorp inbring,” sê pa Herman Odendaal en sy twee seuns wat saam die familie-onderneming begin het.

“Ons bied ’n nuwe generasie-slaghuis.”

Hulle streef daarna om hul diens na elke klant se oond, pan, pot, rooster en Weber uit te brei deur beproefde wenke te deel.

“Wanneer jy by dié slaghuis uitstap, gaan jy nie net met ’n stuk vleis huis toe nie,” waarborg die pa en seuns.

“Jy stap uit met topgehalte-vleis en raad oor hoe om dit gaar te maak.”

FarmFresh Lamb Butchery se vleis kom direk van die plaas af.

Boere in die Oos-Vrystaat, binne ’n radius van 100 km rondom Bethlehem, se hoenders, lammers en beeste word aangekoop.

Hoewel van die slaghuis se varkvleis ook uit dié gebied kom, het die onderneming ook verskaffers in Durban.

Die eienaars van FarmFresh Lamb Butchery is kieskeurig oor die voer wat die diere eet, omdat dit die gehalte van die vleis beïnvloed.

Die slaghuis bied topgehalte-vleis teen mededingende pryse, en terselfdertyd ’n unieke ervaring vir kliënte.

Hoewel daar beslis plek vir tradisionele en familieresepte soos kerrietjops en -sosaties is, wil die pa en seuns graag ook met nuwe, interessante produkte eksperimenteer.

Ander produkte soos speserye, marineersous, braaibroodjies, houtskool en soetgoed sal ook beskikbaar wees.

’n Beskeie begin

Herman het vroeërjare geboer, maar die grond in 2001 weens weeromstandighede verloor.

Die twee broers het nog altyd daarvan gedroom om dié boerdery weer op die been te kry.

In Oktober 2017 het die geleentheid oor hul pad gekom om ’n skaapboerdery aan die gang te sit.

“Ons het grond en skape gehuur en ’n paar skape by ’n boer in die omgewing gekoop,” vertel die broers.

Slegs ’n jaar later het hulle die grond verloor, maar ’n paar lammers uit die ooreenkoms gekry.

Die broers het toe besluit om lammers na Gauteng aan te ry.

“Voordat ons ons oë kon uitvee, het ons ’n groot klante­basis opgebou en die vraag na gehalte-vleis opgebou.”

Bekende akteurs en rugby­spelers het hul vleis aan ander aanbeveel.

’n Lojale klant in Bethlehem het toe vir hulle aanbeveel dat hulle ’n adres vir die onderneming vestig.

Die slaghuis sal steeds vleis in dele van Gauteng en KwaZulu-Natal aflewer.

  • Vir spesiale aanbiedinge, resepte, video’s en ander nuus oor FarmFresh Lamb Butchery, volg die Facebook-blad FarmFresh Lamb of besoek die winkel by Commissionerstraat 66, Bethlehem.

Wanneer jy by dié slaghuis uitstap, gaan jy nie net met ’n stuk vleis

huis toe nie. Jy stap uit met top­gehalte-vleis en raad oor hoe om dit gaar te maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.