Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Só het VS gestem

Terwyl die DA in die provinsie gegroei het met net meer as ’n persentasiepunt en steeds die amptelike opposisie is, was dit die EFF wat sterk gegroei het van 8,15% tot 12,58% in die afgelope verkiesing.

Die VF Plus het ook met meer as ’n persentasiepunt gegroei.

Die Verkiesingskommissie (OVK) het die uitslag van die verkiesing Saterdagaand in Pretoria geproklameer en die verkiesing as vry en regverdig verklaar.

Die ANC bly in dié provinsie aan die bewind met 61,14% van die stemme (69,85% in die vorige verkiesing). In die Vrystaat staan die sake soos volg: ANC 19 setels, DA 6 setels, EFF 4 setels en VF Plus 1 setel.

Hoewel die stemproses by sekere lokale vertraag is weens ’n tekort aan stembriewe, stemhouers of probleme met skandeerders, sê Simangele Sikhosana, streektoesighouer vir die Thabo Mofutsanyana-distrik, die verkiesing in dié gebied het grootliks sonder probleme verloop.

’n Tent wat as stempunt sou dien, is verlede Dinsdagnag in Qwaqwa gesteel en die OVK moes inderhaas ’n ander tent reël.

Marx Thamahane van die OVK sê die tent is vinnig vervang en die stemproses kon daarna vlot verloop.

Die opkoms in dele van die Vrystaat was wisselvallig.

In die provinsie as geheel was daar 1 462 508 geregistreerde kiesers, waarvan slegs 897 185 (61,35%) gestem het.

In die Dihlabeng- munisipale gebied was die kieser-opkoms 65,39%.

In die Setsoto- munisipale gebied het 33 158 uit 57 839 geregistreerde kiesers gestem. Dit is slegs 57,33%.

Altesaam 61,14% van geregis­treerde kiesers het in die Nketoana- munisipale gebied gestem.

Glen Mashinini, OVK-voorsitter, het aangekondig dat 13 van die 48 partye wat aan die nasionale verkiesing deelgeneem het, soos volg in die Nasionale Vergadering verteenwoordig sal word:

ANC– 230 setels; DA, as amptelike opposisie, 84 setels; EFF 44 setels; IVP 14 setels; VF Plus 10 setels; ACDP 4 setels; African Independent Congress (AIC) 2 setels; ATM 2 setels; Cope 2 setels; Good 2 setels; National Freedom Party (NFP) 2 setels; UDM 2 setels; Al Jama-ah 1 setel en PAC 1 setel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.