Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
So ontvou jou storie

Ek is ’n kort, vet en befoeterde dwerg. Saam met my is ’n paar karakters wat jy uit fantasieverhale sal herken, en ons is op pad na die Phandalon-nedersetting met ’n perdewa en vrag. Ons het ons reeds teen die tweekoppige reus, Til en Tol, vasgeloop; ’n grot-avontuur beleef, teen ’n reuse-beer baklei en ’n man se lewe gered. Nou reis ons verder.

Voor ons op die tafel lê die kaart. Die kerkermeester vertel: “Julle arriveer by die herberg. Die herbergier wil weet wat julle eerste wil doen . . . ”

Ons redeneer, vra die herbergier oor gevare en oor wat in die dorp gesien word. Op hierdie manier bekom ons inligting. Ons wil meer weet.

“Rol die persepsie-dobbelsteen,” beveel die kerkermeester. Hoe hoër die getal op die dobbelsteen, hoe meer gaan ons uitvind oor wat in hierdie dorpie aangaan. En ons moet weet. Dis ’n saak van lewe en dood. En as ons weet wat aangaan, moet ons iets doen. “Rol die inisiatief-dobbelsteen . . . ”

In werklikheid is dit Saterdagmiddag. Ons sit tuis rondom die eetkamertafel. Dis nog ’n Saterdagmiddag om Dungeons & Dragons te speel – die storievertel-speletjie uit die tagtigerjare.

Ons kerkermeester (my vrye vertaling van Dungeon Master) verras weekliks met kaarte, speelgoedkarakters, geboue en selfs grotstrukture. Elke karakter het bepaalde sterk en swak punte, en die gang van die storie word deur die kerkermeester bepaal, die dobbelsteentjie en die besluite wat ons as groep of individue neem.

Die middag verdwyn in die wêreld wat op die eetkamertafel ontvou. En wanneer dit buite skemer word, is ons weer tuis. In die wêreld van werklikheid wat ons nooit verlaat het nie; waar daar ook karakters is met sterk en swak punte; waar ons ook besluite neem – en waar ons lewens­­ver­hale ook voortstu. En die ontvouende storie afhang van ons persepsie, ons inisiatief.

En, natuurlik, die bestemming waarheen ons glo ons op pad is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.