Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sondag herlaai ’n mens se krag

Ek het nie baie gunstelinge nie, en ek hou daarvan om verskillende dinge te doen.

Ek is lief daarvoor om te lag totdat die trane loop, om nuwe resepte of idees te beproef en om die wye wêreld te sien.

Maar Sondag het ek besef: Ek het wel ’n gunstelingdag van die week.

As kind was ek nie altyd gek oor Sondae nie. Ons moes doodstil wees terwyl ons ouers ’n middagslapie vat en dit was moeilik om in die kerk stil te sit.

Miskien is jou Sondag nou nog so: erediens, tuistyd, slaap.

Vandag besef ek die waarde van ’n kalm dag. As gelowige is dit ’n spesiale dag om saam met vriende en familie die Here te loof op maniere waarvoor ’n mens nie tydens die week se gejaag kans kry nie.

Ná kerk spring ek weg met huisskoonmakery. Sodra alles skoon is, voel ek sommer beter.

Dan is dit tyd om aan middagete te dink.

As introvert is dit vir my belangrik om slegs te doen wat vir my ontspannend is. Dit is die dag wanneer ek weer klavier speel, my kitaar nader trek en myself kan wees.

Ná Sondag is ek weer gereed vir ’n besige week.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.