Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Span trap saam vir kinders

Die Bethlehemiete Stephan en Maritha Redelinghuys is deel van ’n groep fietsryers wat Saterdag (15/02) by die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe sal wegspring om tot by die Kaapstad-hawe te ry.

Dié roete word aangepak ten bate van die President Kruger-kinderhuise, waarvan een in Pretoria en een in Reddersburg is.

Die een kinderhuis is in Pretoria en die ander een in Reddersburg.

Meer as 2 500 km, gelykstaande aan 23 Kaapstad-fietstoere, sal getrap word. Daarby gaan hulle die toer afsluit deur aan die Kaapstad-fietstoer deel te neem.

Ter voorbereiding vir die rit het die Redelinghuys-egpaar sedert Oktober 1 000 km per maand gery.

“Dit is om onsself fisiek voor te berei vir sulke lang afstande,” sê Stephan.

Hulle lê op oefendae ’n gemiddeld van 200 km af.

Terwyl die Redelinghuyse in Desember by die see was, is Maritha beseer toe ’n motor ’n rooi verkeerslig verontagsaam en haar van haar fiets afgery het.

Sy herstel goed en sien kans vir die rit, want dit is vir haar en Stephan ’n voorreg om ’n bydrae te maak om in die kinders se basiese behoeftes te voorsien.

“Ons wil graag onder meer vir elke kind ’n Bybel en ’n fiets gee,” sê Stephan.

Hy was 13 jaar gelede ook ’n lid van dié span fietsryers wat geld vir die twee kinderhuise ingesamel het.

Derick Veldman en Eugene Pienaar is ook lede van die oorspronklike groep.

Maritha, Wybrandt Lambrecht en Kindy Theunissen sluit hulle vanjaar die eerste keer by die groep aan.

Linde Lambrecht en Chris Theunissen vorm die ondersteuningspan.

Wanneer die groep in Theunissen aankom, sal Johnny Eyberg van Bethlehem en sy medefietsryers ook vir die res van die roete by hulle aansluit.

Die groep het reeds sowat R275 000 ingesamel.

Hul doelwit is R500 000.

Die geld gaan onder meer aangewend word om die kinderhuise se badkamers op te knap, terapiegeriewe vir die kinders aan te bring en vervoerkoste te dek.

Die kinderhuise is geregistreer om 126 kinders (van 2 tot 18 jaar) te versorg.

Al die kinders is op grond van ’n hofbevel weens gesinsgeweld, mislukte pleegsorgplasings, ouers se verslawing of afsterwe, tekort aan versorgingsmiddels of ander trauma-verwante oorsake by die kinderhuise geplaas.

Fisieke versorging van die kinders is ’n voorkeursaak, asook hul geestelike, emosionele, opvoedkundige en skolastiese versorging.

Hul fisieke versorging sluit voedsel, klere, higiëne en behuising in, asook mediese aspekte soos tandheelkunde, geestesgesondheid, optometrie, spraak­terapie en arbeidsterapie.

Benewens die finansiële borgskappe wat reeds verkry is, het die ortopediese chirurg prof. Ruan Goller aangebied om ses van die kinders gratis te konsulteer.

  • Besoek die Facebook-blad 4TheKids Cycle Tour en ondersteun Back a Buddy.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.