Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Span van dié streek knap

Die nasionale jukskei-kampioenskaps­byeenkoms vir senior spelers is van 26 tot 30 April in Kroonstad gehou.

Spanne van altesaam 14 distrikte het hulle ingeskryf, en vier van die Noord-Vrystaat het deelgeneem.

Op dié geleentheid het spelers van Gauteng-Noord, Gauteng-Oos, Sentraal-Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Noordwes, die Oos-Vrystaat, Noord-Vrystaat, Suid-Vrystaat, Kaapse Wynland, Overberg, Wesrand, Oos-Kaap en die Noord-Kaap teen mekaar meegeding.

Weens die inperkings­maatreëls het spelers van Namibië nie vanjaar deelgeneem nie.

Die uitslae vir die spanne van die Noord-Vrystaat is soos volg:

Die A2-span vir vroue was algeheel tweede.

Die A2-span vir mans ouer as 50 het die agtste plek behaal, terwyl die A1-span vir mans ouer as 50 vyfde was. Die A1-span vir mans was sesde.

Die Noord-Vrystaat het die algehele agtste plek behaal.

Die algehele wenner van die nasionale kampioenskap was Gauteng-Noord. In die tweede plek was Gauteng-Oos, en die Noord-Kaap was derde.

  • Die nasionale akademie-jukskeitoernooi vir senior spelers is in Maart aangebied, waar Noord-Vrystaat derde in die A- en D-afdeling was.

Christo Matthee van Noord-Vrystaat is as kaptein van die nasionale senior akademiespan vir mans ouer as 60 gekies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.