Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spanne versit berge in liga

Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem is Saterdag (31/08) ná die eindronde van die Spur-bergfiets-skoleliga as die beste gemengde bergfietsskool in die Vrystaat aangewys. Dié skool was die gasheer van die ronde, wat in Bethlehem aangebied is.

In die beslissing van die liga het Witteberg se jeug-A-span ’n tweede plek in die spankompetisie behaal. Die lede van dié span is Alexis du Preez, Johan Botha, Mitch Taylor en Jaco Prinsloo.

Die seuns wat in die jeugafdeling presteer het, is Alexis (10de), Johan (19de), Jaco (20ste), Mitch (21ste), Dante van Tonder (22ste), Hendré de Boer (26ste), Franco de Boer (33ste) en Marius Loubscher (34ste).

Die junior seuns (17 tot 19 jaar) wat plekke behaal het, is Ian Cilliers (19de) en Damian van Tonder (16de).

Die seuns se sub-juniorspan (13 tot 14 jaar) was derde in die span­kompetisie. Dié span is Hanno van der Merwe (4de) en Andre du Preez (17de).

Sarah Ledingham het die eerste plek behaal in die afdeling vir junior meisies (17 tot 19 jaar).

In die jeugafdeling vir meisies (16 jaar) het Odette Botha die tweede plek behaal.

Witteberg het die sub-junior­afdeling vir meisies (13 tot 14 jaar) gewen. Die presteerders in dié afdeling is Refiloe Mokoena (1ste), Elry Floris (2de) en Marine du Plooy (3de).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.